Home

Skietwinkel 2016

 

Die Skietwinkel doen al 25 jaar lank sake in Bloemfontein. Ons bedien kliente van oor die hele Suid-Afrika en het selfs ‘n paar kliënte oorsee.

Ons spesialiseer in die verkoop van wapens en ammunisie, teleskope, verkykers, herlaaitoerusting, windbukse, messe en nog vele meer.

Winkelure:  Maandae tot Vrydae   8:00 tot 17:00.    Saterdae:  8:00 tot 13:00.

Die Skietwinkel beskik oor ‘n 100m asook ‘n 200m skiettonnel.  U is welkom om die ondergrondse skiettonnels te kom benut.  Kostes beloop onderskeidelik R100 en R200 per persoon vir 45 min. Skakel (051) 444 3590 om die baan te bespreek? 

Indien u wil aansoek doen vir u Wapenlisensie of dit wil hernu, skakel FIREARM SOLUTIONS by (051) 03 000 60.

Aanwysings:

Die Skietwinkel  is geleë op die hoek van die Dealesville- (R64)  en die Abrahamskraalpad, Lebombobergsweg 5, Bainsvlei, Bloemfontein.
  1. Vanaf die stad, neem Nelson Mandelarylaan, verby die Universiteit van die Vrystaat aan u linkerkant.
  2. Die afdraai is 4.7 km vanaf die N1 aan die linkerkant van die R64.